Skieters teiken twee SMME-leiers | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Skieters teiken twee SMME-leiers | Die Son

BINNE enkele ure is twee SMME-diknekke in die Baai om die lewe gebring. Baba Ningi, ’n SMME-leier en koördineerder van die Black Business Caucus, is Maandag helder oordag voor ’n winkel in Zwide dood­geskiet. Daardie aand 21:30 is die 38-jarige Nkululeko Ngcakasi in Tshiwulastraat, New Brighton, afgemaai.Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die polisie was Maandagaand besig met patrollies toe hulle die skote hoor.“Toe hulle op die toneel kom, het hulle ’n wit Opel Corsa met ’n klomp koeëlgate in die windscreen gekry. Ngcakasi se lyk is enkele meters van die voertuig gevind.”GestryVolgens Beetge is die motief vir die moorde is nog nie bekend nie. Dit het vermoedelik te doen met tensions oor bewerings dat SMME’s in die Metro nie betaal is vir munisipale dreins wat in Desember skoongemaak is nie.Beetge sê Ningi het kort voor sy dood in Koyanastraat met ’n man gestry. Ningi het oor die straat na sy kar teruggestap toe ’n onbekende man op hom losbrand.Enkele weke gelede het ’n Facebook-foto van Ningi en ’n jong vrou met ’n spul kontant groot drama veroorsaak. Tydens ’n betoging op 13 Januarie is beweer sekere sake-eienaars geniet die rykmanslewe terwyl mense nie betaal is vir die werk wat hulle by die dreine gedoen het nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.