Skietery by huis eis 3de persoon

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N SKIETORGIE Vrydagaand in ’n huis in Booysenpark het ’n derde lewe geëis toe nog ’n seun later in die hospitaal aan sy skietwonde beswyk het. Chadwin Calvert (17) is die jongste slagoffer van die skietvoorval Vrydagaand in Capuletstraat in die Baaise Northerns.Hy het Saterdagaand aan sy wonde in ’n hospitaal beswyk. Deacon van Rooyen (16) en Ruan Willemse (8) – wat ook ten tyde van die voorval in dié huis was – het op die toneel aan hulle beserings beswyk. Die ander mense wat in die dieselfde skietvoorval gewond is, ontvang tans hospitaalbehandeling. Niemand is nog verband met die drie moorde vasgetrek nie.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 21:20 plaasgevind.hartseer: Denise September sê sy gaan haar seun, Clive, verskriklik mis. Foto’s: theo jepthaSy sê twee onbekende verdagtes het die deur by die huis oopgeskop en binnegegaan. Die gewapende verdagtes het toe ’n 26-jarige slagoffer genader en ’n goue ketting om sy nek afgeruk. Twee selfone is ook gesteel.Die verdagtes het glo hierna losgebrand op die mense in die huis. Naidu sê die provinsiale georganiseerde misdaad- ondersoek-eenheid in die Baai ondersoek sake van moord, poging tot moord en gewapende roof.Ruan Willemse (8) Foto’s verskaf Ruan se pa, Riaan, wou nie gister met Son oor die voorval gesels nie. Enigiemand met inligting oor die skietery in Capuletstraat word gevra om lt.kol. Mike Grobler te bel by 082 442 1825 of die Stop Misdaadlyn by 08600 1011.Alternatiewelik kan mense ook die Bethelsdorp-polisiestasie bel by 041 404 3005.In nog ’n voorval Saterdag 00:15 is twee close vriende koelbloedig doodgeskiet in Almondstraat in Jacksonville.Megan Mitchell (21) AO Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, sê dis nie bendeverwant nie.Die oorledenes was Megan Mitchell (21) en Clive September (36).“Twee lyke het in die straat gelê. Niemand wil iets sê nie en ons weet nie wie die verdagtes is nie. “Die motief is ook tans onbekend. Die polisie ondersoek sake van moord.” Mitchell se ma, Ulanda, vertel dat September saam met haar dogter huis toe gestap het. Soos sy verstaan, het haar dogter – nadat September geskiet is – weggehardloop en aan ’n deur by ’n huis in die straat geklop vir hulp. Die skieter(s) het haar ingehaal en in die nek geskiet.September is in die kop en bors geskiet.Sy ma, Denise, sê hy was ’n sportman en nie betrokke by gangsters nie. “Hy verdien nie om so dood te gaan nie. Almal het hom geken en hy’t nie enemies­ gehad nie.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/skietery-by-huis-eis-3de-persoon-20181104

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.