Skietgoed ‘in hand gedruk’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

TWEE ouens het die vuurwapens wat die polisie met sy inhegtenisneming in sy besit gevind het vroeër in sy hande gestop.Hy was egter nie in ’n posisie om dit aan hulle terug te gee nie.So het Wayne Wabanie (25) Vrydag by monde van sy law­yer, adv. Hannelie Bakker, in die Baaise hooggeregshof gesê.Wabanie staan saam met die oud-polisiekonstabel Walter Francis (33) en Shamiel Galant tereg vir moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.Die beskuldigdes word aangekla van die skietdood van Alex Nico Ferreira (27) op 21 Februarie 2017.Volgens Bakker is dit Wabanie se instruksie dat ’n staatsgetuie wat laas week getuig het, op dié dag nie by ene Gatto se huis was nie.Sy het gesê Wabanie gaan getuig net hy, Gatto en ene Jano was op dié dag by Gatto se huis.Volgens haar het Wabanie op dié dag glad nie ’n skoenboks gesien wat in ’n grys plastieksak toegedraai was nie.Sy het gesê Wabanie gaan kom getuig hy was op die dag van die moord glad nie in ’n silwer Opel Corsa nie.Volgens haar gaan hy ook getuig die eerste keer toe hy Francis in ’n silwer Opel Corsa gesien het, was toe Francis met die motor verby Gatto se huis gery het.Hy gaan getuig Francis se neef was in daardie stadium saam met Francis in die motor.Bakker het gesê Wabanie gaan ook kom getuig dat hy nie ’n groen gholf T-shirt besit nie.Hy beweer die ouens wat die guns in sy hande gestop het, was ene Martin en OJ. AansoekVolgens Bakker kon Wabanie nie die guns weier nie omdat hy gedwing is om dit te vat.Sy het gesê Wabanie gaan kom getuig al wat hy met die vuurwapens wou maak, is om daarvan ontslae te raak.Intussen het Bakker ’n aansoek gebring dat die staat sy konsultasie-notas met die sleutel-staatsgetuie aan die verdediging beskikbaar moet stel.Adv. Velile Makasana, die staatsaanklaer, het hierop gesê hy weet nie hoekom die verdediging sy konsultasie-notas soek nie. Hy het gesê hy is nie bereid om dit aan Bakker beskikbaar te stel nie.Makasana wou weet hoekom die verdediging sy konsultasie-notas soek.Volgens hom het die staatsgetuie ook ander inligting gedurende konsultasie aan hom deurgegee – soseer dat hy hom daarop gewys het om op die huidige saak te fokus.Velile het gesê die verdediging se aansoek is boonop te informeel en is op geen authority gebaseer nie.Volgens Bakker gaan die aansoek oor die geloofwaardigheid van die staatsgetuie. Sy het gevra dat dié aspek tot môre oorstaan.Bakker het die hof ook gevra dat die staatsgetuie se getuienis in die lig van haar aansoek getranskribeer word.Son het verlede week berig die staatsgetuie het gemoan oor hoe twee vroue wat die hofverrigtinge bywoon, hom gedreig het.WAYNE WABANIESHAMIEL GALANTFoto’s: THEO JEPTHAWALTER FRANCIS

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/skietgoed-in-hand-gedruk-20190217

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.