Skietmoord: Polisie soek hulp | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE polisie in Kabega Park in die Baai soek dringend Sonlanders se hulp met die oplos van ’n moord. Die skietmoord het in Maart vanjaar in Kuyga gebeur. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die liggaam van Mpumelelo Nomayazi (49) is op 5 Maart omstreeks 21:00 in ’n oop veld naby shacks in die gebied gevind. Tussen dié shacks is daar ook shacks wat hy verhuur het. Volgens sy vrou is Nomayazi­ by die huis weg saam met ’n onbekende persoon in ’n grys voertuig. Sy is later van haar man se dood in kennis gestel. Hy het skietwonde aan sy nek en oog gehad. Die motief vir die moord is nog onseker. Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help met die ondersoek.Inligting kan ook anoniem deurgegee word aan AO Bertus Blom by 041 397 6861 of 061 063 8577.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/skietmoord-polisie-soek-hulp-20181010

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.