Skole bewe ná skollie-skote | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE onnies en leerders van drie skole in die Baaise noordelike gebiede voel onveilig in die bendegeteisterde Helenvale.Gister het leerkragte van die Primêre Skool Hillcrest na die Gelvandale-polisie­stasie gegaan om met die stasie­bevelvoerder oor hulle griewe te praat.Die jongste voorval van geweld in die area het onnies getraumatiseer gelaat omdat hulle glo vasgevang was tussen gangs wat op mekaar geskiet het.SigbaarRina Potgieter, voorsitter van die skool se ouerbeheerliggaam, sê die skietvoorval het Dinsdag gebeur.Volgens Potgieter is beloftes vroeër die maand gemaak dat die polisie elke dag voor en ná skooltyd sigbaar sal wees.Cyril Uithaler Dit sluit ook Helenvale Primêr en Bayview Primêr in. Potgieter sê op hulle vorige vergadering op 8 Oktober met brig. Andrew Louw, die adjunk-bevelvoerder van Mountweg se polisiegroepering, het die bloues hulle belowe daar sal polisievoertuie by dié drie laerskole in Helenvale wees. Sy voeg by: “Hulle het ook vir ons gesê daar sal ’n spe­siale taakspan met 30 polisie­lede wees om veiligheid te waarborg.”Dit het volgens haar egter net twee dae gebeur en toe is die polisie weer missing in action.Sy sê die cherry op die koek was toe een van die onnies Dinsdag in ’n shooting in Ou Standfordweg ingery het. Potgieter vertel: “Hulle was baie getraumatiseer en moes huis toe gaan. “Ons het die departement van education gekontak en hulle was gister by Hillcrest. Bywoonskrik: Rina Potgieter, voorsitter van die ouerbeheerliggaam by Hillcrest Primêr, sê ’n skietery Dinsdag het van die onderwysers getraumatiseer.“Hulle het gesê hulle try als in hulle vermoë, maar dis ’n polisie-issue, want die polisie is daar om te serve en te protect.”Brig. Philip Macala, die stasiebevelvoerder van die Gelvandale-polisie, kon nie die vergadering bywoon nie. Macala het toe glo ander polisielede gevra om vir hom in te staan.Dit was volgens Potgieter ’n baie positiewe vergadering. “Hulle kan nie belowe dat daar regdeur die dag polisie by die skole gaan wees nie, maar daar sal soggens polisiesigbaarheid wees wanneer die teachers by die skool ingaan, en in die middag as die skole uitkom. “Van die polisie sal in-pop gedurende die break-tye by die skole om te kyk of alles fine is.“Ons gaan dit van môre af monitor en sien of dit gedoen gaan word. “As dit nie gedoen gaan word nie, kom ons net weer terug polisiestasie toe,” sê Potgieter.Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê dié geval behels operasionele inligting en hulle kan dit nie aan die media bekend maak nie.Cyril Uithaler, Hillcrest se skoolhoof, wou nie kommentaar lewer nie.Mali Mtima en Loyiso Pulu­mani, woordvoerders van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, was ook nie beskikbaar vir kommentaar nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/skole-bewe-na-skollie-skote-20181025

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.