Skollie steek bloue 11 keer

Please log in or register to like posts.
Nuus
Skollie steek bloue 11 keer

Update
Port Elizabeth

’N COP van Uitenhage het ’n nagmerrie-ervaring gehad toe ’n vuilgat-skollie hom Dinsdagmiddag oorrompel en 11 keer met ’n mes gesteek het.Hy is in die rug, linker-skouer, linkerarm en onder die oor gewond.Die mes het ’n slagaar net-net gemis.Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, bevestig die voorval.Volgens Nkohli is twee mans van 24 en 25 jaar oud gister 12:00 in hegtenis geneem waar hulle in ’n huis in Laer Drostdystraat in Uitenhage geskuil het.Hulle sal môre in die Uitenhage-landdroshof verskyn op ’n klag van poging tot moord.’n Steeds geskokte AO Jacques Nel (48) van die Uitenhage-polisiestasie het gister gesê hy het Dinsdag 09:00 die klaer in ’n roofsaak gaan oplaai om ’n verdagte te gaan uitwys.Volgens hom het hy die verdagte by sy huis op die McCarthy-terrein in Uitenhage gesearch en toe in hegtenis geneem.Nel verduidelik hy het die verdagte geboei en hom op die agtersitplek van die double cab-polisiebakkie laat sit.Die bakkie se child lock was geaktiveer.Volgens Nel het hy die tweede verdagte kort hierna by ’n huis in Greenfields deursoek en in hegtenis geneem.Hy voeg by die verdagtes het niks op hulle gehad toe hy hulle gesearch het nie.Nel verduidelik hy het albei mans met een stel boeie geboei.Die cop vertel op die hoek van Gibbonsstraat het een van die verdagtes hom wild in die rug begin steek.Hy verduidelik terwyl die ou hom aanhoudend gesteek het, het hy (Nel) hom met pepper spray in die gesig gespuit.UitgespringNel sê daai ou het gesteek om hom dood te steek.Volgens Nel het die klaer by die bakkie uitgespring en weggehardloop.Hy sê dis toe dat die booswigte ’n gap gesien en voor by die bakkie uitgespring het.Nel sê die bloed het by sy arm afgestroom.Volgens Nel het hy in ’n bebloede toestand gaan hulp soek by mense in ’n rooi voertuig daar naby.Hy verduidelik die driver het bloot vir hom gesê hy is op pad werk toe en kan hom nie help nie.Volgens Nel het hy na die Cuyler-kliniek gejaag waar hy steke gekry het.Nel sê dié voorval het hom ’n knock gegee.Volgens hom is hy nou afgeboek.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/skollie-steek-bloue-11-keer-20181003

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.