Skollies neuk parkie op | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIÉ parkie is eintlik bedoel vir oefening, maar saans is daar mense wat stoute dinge aanvang, panties agterlaat en suip.Boonop is die openbare gym in Standfordweg langs die Primêre Skool Republiek nou ’n free-for-all omdat skollies die hek onlangs gesteel het.SeerkrySon het gister by dié gym-parkie ’n draai gaan maak.Shaun Sampson, die opsigter by die parkie, vertel dis sy werk om die plek skoon te hou en te kyk dat die kinders nie seerkry nie.Hy moet ook seker maak daar word nie bollie aangejaag nie.“Baie dae kom ek hier, dan lê hier hoedjies en panties op die gras. Dan tel ek dit op. Ook gebreekte bottels.“Ek het al hoërskoolseuns wat hier kom drink het, weggejaag.”maak ’n plan: Shaun Sampson, opsigter by die openbare gym-parkie, het self die oopgetrapte hek met stukkie draad en rekkies gefix.Foto’s: THEO JEPTHAVrydag toe Samp­son die parkie verlaat het, was alles nog in orde. Saterdag toe hy weer gaan seker maak of als piekfyn is, het hy gevind die een hek is heeltemal afgesteel.’n Man het hom kom sê hy het die hek naby die ingang gevind – heeltemal gebuig en stukkend. Hy het die hek toe na ’n polisieman geneem wat daar naby woon.Boonop is die sementblad van een van die oefen­apparate in sy tjops gekap. Dit lyk asof die skollies dié ook wou steel, maar dit is vermoedelik te swaar om weg te dra. Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het vroeër die week glo dié los stuk toerusting gaan verwyder.Sampson sê as hulle die parkie se hekke in die aande sluit, trap die skollies dit net oop. Hy het een van dié hekke wat só oopgetrap is, sommer self met drade en rekkies gefix.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê daar is geen sulke sake by die polisie aangemeld nie. Mthubanzi Mniki, die munisipale woordvoerder, het teen druktyd nog nie kommentaar gelewer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/skollies-neuk-parkie-op-20190214

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.