Skollies op ’n bullet spree

Please log in or register to like posts.
News
Skollies op ’n bullet spree

’N MAN is dood en drie mense beseer nadat harte­lose skollies in verskillende voorvalle op onskuldige mense in die Strand losgebrand het.Al die voorvalle het Woensdag plaasgevind. Een van die victims is Donderdag in die hospitaal dood.Mense van Broadlands Park, Gustrouw, Sercor Park, Casablanca en Rusthof sê hulle is nou gatvol dat hulle so in vrees moet lewe.Die eerste skietvoorval het omstreeks 16:20 in Petunia­straat, Broadlands Park, plaasgevind toe ’n 28- jarige vrou in haar boud gewond is. Die vrou en haar dogtertjie was op pad winkel toe toe gangsters in die gebied losbrand. Volgens die polisie het die vrou niks met bendes te doen nie.Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê drie mans is in verband met dié voorval in hegtenis geneem. Ná goeie ondersoekwerk het die polisie beslag gelê op ’n 9 mm Star-pistool en ammunisie. Om 22:50 het twee mans Regan Louw (33) by sy huis in Wilhelmina Schaefer-straat in die kop geskiet. Hy is hospitaal toe geneem vir behandeling.Louw is nie met bendes deurmekaar nie.UitgeroepVan Wyk sê die aanvallers het Louw gevra wat sy naam is en toe hy nie wou antwoord nie, het hulle hom geskiet.Net 20 minute later is die polisie uitgeroep na Tracy­straat, Sercor Park, minder as ’n kilometer weg. Daar het hulle op die gewonde Anthony Hartnick (24) afgekom. Hulle is meegedeel sy vriend Morné Fluks lê ook gewond in Stephaniestraat. Albei is hospitaal toe geneem. Hartnick is Donderdagaand in die Tygerberg-hospitaal dood.Son verneem die twee skollies wat by die laaste twee skietvoorvalle betrek word, het die aand voor die skietery verskeie mense in die woongebied beroof.Hulle het die slagoffers glo met vuurwapens gedreig. Die twee is twee maande gelede uit die tronk vrygelaat toe die sake teen hulle teruggetrek is.Jan Frieslaar, voorsitter van die plaaslike polisiëringsforum, sê inwoners is gatvol vir die geweldsmisdaad hier. Hy sê hulle hou vanaand 19:00 ’n vergadering in die Broadlands Park-gemeenskapsaal.Mense met inligting kan lt.kol. Franklin Plaatjies by 082 469 3359 of AO FJ Mostert by 021 854 9103 bel.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.