Skool ‘blok’ 2 | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Skool ‘blok’ 2 | Die Son

GEEN skool as jy nie kan betaal nie.Dit het met twee niggies van Mitchells Plain gebeur wat nie registrasiegeld vir die skool gehad het nie.Martha Mitchells (67), die ouma van die twee negejarige niggies van Rocklands, sê haar kleinkinders kon nie skool toe gaan nie oor sy nie geld het om hulle te registreer nie.Martha sê sy sukkel nou al die afgelope twee jaar om haar kleindogters Terry Mitchells (9) en Stacey-Lee Tobin (9) in ’n skool te kry.Terry het selfs ’n crèche-sertifikaat, maar steeds is daar nie plek in die skool vir haar nie.’n Ongeluk­kige Martha sê: “Ek leer maar nou vir hulle by die huis. Hulle kan al hul name skryf, maar hulle behoort in ’n skool te wees.“Hulle word ontneem van ’n geleerdheid.“Toe ek hulle die eerste keer gaan inskryf by die skool, wou die skoolhoof hulle nie aanvaar nie oor ek nie geld het om hulle te registreer nie.”Volgens Terry se mammie, Berna­dine Mitchells (29), het hulle­ al by die kantore van die onderwysdepartement gaan kla.“Die onderwysdepartement het vir ons ’n brief gegee wat sê die kinders moet by die skool aanvaar word. Steeds is daar nie plek vir hulle nie. “Daar word net belowe hulle gaan plek maak vir die kinders.“My kind was vir ’n jaar in die crèche en het ’n sertifikaat, maar steeds sukkel ons om haar in ’n skool te kry.”Volgens Mitchells was die niggies so opgewonde om vanjaar skool toe te gaan en het ál hul skoolklere en toebehore gehad.Nadat die kinders nie by die skool aanvaar is nie, het Mitchells die skoolklere verkoop.Volgens Millicent Merton, ’n woordvoerder van die onderwysdepartement, het hulle gevra dat die distrikskantoor die bewerings ondersoek en die leerders so gou moontlik in ’n skool geplaas kry.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.