Skool staan op genade | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Skool staan op genade | Die Son

VAN die dakke en balkonne by die Hoërskool Cathkin word sommer met scaffolding regop gehou.Vanessa Liwavile, voorsitter van die skool se beheerliggaam, vertel verder: “Die dakke lek, die mure is klam en die verf blaas op.“Binnekort gaan dit intuimel. Ons het die onderwysdepartement al geruime tyd gelede hieroor ingelig.”’n Gr. 11-leerder vertel: “Ons kan nie eintlik ons skoolwerk reg doen nie en sal swak presteer.“Maar ons teach­ers moedig ons steeds aan om ons bes te probeer.” Een van die onnies sê hulle is bang dieselfde gebeur wat by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark gebeur het toe 4 kinders gesterf en meer as 20 beseer is toe ’n loopvlak van beton ingetuimel het. Roselin Stone, woordvoerder en voorsitter van die organisasie Moth­ers for Justice, sê: “Ons is besorg oor onse kinders se veiligheid.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.