‘Skoolbrief’ is sommer twak | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
‘Skoolbrief’ is sommer twak | Die Son

’N VALS brief doen die ronde dat kinders nou al vir die volgende skooljaar ingeskryf kan word.Dié brief het in Du Noon in Milnerton uitgedop. Daarvolgens kan kinders wat in 2020 in gr. 1 en 8 gaan wees, tot 15 Maart ingeskryf word. Die skrywer beweer kinders kan nie direk by die skool geregistreer word nie; ouers moet met R50, die kind se ID, geboortesertifikaat en laaste rapport na Silulo Ulu­tho Technologies gaan.ToestemmingBronagh Hammond, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onder­wys, stel sake reg: “Ouers­ kan net by die skool inskryf of deur die onderwysdepartement se website by admissions.westerncape. gov.za/admissions/­login. “Ouers kan ook nie geld gevra word om hul kinders in te skryf nie. Die departement se branding is sonder ons toestemming gebruik.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.