Skote eis man wat stop oor pap tyre

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

LEE Jacobs (34) het eintlik net sy kar se tyre omgeruil toe hy sy dood ontmoet het.Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval Donderdag omstreeks 19:15 plaasgevind.“Jacobs het op die hoek van Velozia- en Strelitziaweg in Bethelsdorp­, Uitbreiding 31, gestop om ’n pap wiel te herstel.“As gevolg van die opeengehoopte verkeer het twee gemeenskapslede gehelp met die verkeersvloei totdat hy klaar was,” sê Naidu.Skote is toe afgevuur in hulle rigting. Jacobs is twee keer in sy rug en bobeen getref en is oorlede aan sy besering.’n Man (48) wat gehelp het met die verkeer, is in sy been geraak.“Die motief vir die skietery en die verdagte is in dié stadium onbekend. “Die Bethelsdorpse SAPD se speurders ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/skote-eis-man-wat-stop-oor-pap-tyre-20181117

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.