Skote eis ses oor naweek

Please log in or register to like posts.
Nuus
Skote eis ses oor naweek

Update
Port Elizabeth

DIT was ’n bloedige langnaweek in die Northern­ Areas in die Baai.Ses mense het hulle lewe verloor. Twee van die drie aparte skietvoorvalle was bendeverwant.Twee mans is onder meer doodgesteek met skerp voorwerpe.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die nuutste voorval het gisteroggend plaasgevind.“Daar word beweer dat Thandowethu Jodwana (21) omstreeks 01:20 sy vriend se huis in Khumbulani­straat, KwaNoxolo, verlaat het. Sy lyk is later in die straat gevind met steekwonde aan die lyf. Die omstandighede rondom die noodlottige stabbing, asook die verdagtes, is onbekend,” sê Naidu. Die polisie ondersoek ’n saak van moord.Sondag omstreeks 22:45 is ’n 17-jarige en 26-jarige in ’n buitegebou by ’n huis in Ugandastraat in Timothy Valley vermoor. Hulle het ’n klop aan die deur gehoor.Naidu sê drie onbekende mans, van wie een gewapen was, het die kamer binnegegaan en op die mans losgebrand voordat hulle gevlug het. “Die 26-jarige is buite gekry met ’n koeëlwond in die kop, terwyl die tiener, wat in die kamer gevind is, ook ’n skietwond in die kop gehad het.” Twee ander mense het uit die kamer ontsnap en is nie in die voorval beseer nie. Die Bethelsdorp-polisie ondersoek twee sake van moord.Gordon Rossouw (37) is Sondagmiddag in Helenvale doodgeskiet.“Daar word beweer dat Rossouw en ’n vriend Sondag omstreeks 12:00 in Voisinweg geloop het, toe die vriend besluit het om homself te verlig teen ’n bos.“Die vriend het verskeie gun shots gehoor en toe hy omkyk, gesien hoe Rossouw op die grond neerval. Die vriend het weggehardloop. Rossouw het verskeie koeëlwonde in sy arm, nek en kop opgedoen. Volgens Naidu was hy vermoedelik ’n lid van die Upstand Dogs-bende.Die motief is nog onduidelik. Geen arrestasies is gemaak nie en die provinsiale bende-ondersoekspan ondersoek ’n saak van moord.Sondagoggend is ’n 32-jarige man se lyk gevind langs die pad in Vastrap, Booysen­park. Hy is met swaar klippe aangerand en verskeie kere in die gesig gesteek met ’n gebreekte bottelnek.“Volgens die inligting van die polisie het die (een) verdagte se seun omstreeks 09:00 huis toe gegaan nadat hy ’n maand weg was ná ’n onderonsie in die familie.“Hy het die deur oop- geforseer en die drie verdagtes binne die huis gekry.”Naidu sê die oorledene se ma (54), sy suster (21) en die ma se boyfriend (57) het hom toe bestorm en in die straat in gejaag en aangeval. Hy is op die toneel dood.Die drie verdagtes is in hegtenis geneem vir moord. Hulle sal vandag in die Baaise landdroshof verskyn.Saterdagaand omstreeks 22:30 is David Scheepers (51) in Gelvandale vermoor.Drie mans het op hom geskiet en gevlug in ’n maroen Astra. Die motief en die verdagtes is onbekend.Die provinsiale bende-ondersoekspan ondersoek ’n saak van moord.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/skote-eis-ses-oor-naweek-20180924

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.