Skote klap by getuie se plek

Please log in or register to like posts.
News
Skote klap by getuie se plek

’N GEMEENSKAPSWERKER van Manenberg en haar gesin is uit hul huis verwyder nadat die bullets op haar huis gereën het. Die skietvoorval het plaasgevind ’n dag voordat Roegshanda Pascoe, die voorsitter van die veiligheidsforum in Manenberg, in ’n moordsaak moes getuig het. Pascoe is verlede week vroeg uit die huis weggevat. Haar kinders en kleinkinders was egter nog in die familiehuis in Manenberg. Sy vertel sy het Woensdag ná middernag ’n oproep van haar kinders ontvang. “Ek kon hoor hoe skreeu en huil my kleinkinders op die agtergrond.”Pascoe het verlede week opgedaag vir hof, maar kon weens dié ervaring nie getuig nie. Die saak is dié van Angelo “Elo” Davids­ (38), ’n vermeende lid van die Hard Livings-bende (HL’s). Davids is in Julie 2016 in Pecos Walk aangerand en vir dood gelaat.Die saak is tans voor die Kaapse hooggeregshof. Monray Fagan, Moegamat Faeez “Faizy” Hendricks, Shamiel Petersen, Ziyaad Lewis, Moegamat Naeem Benjamin en Jonathan­ Willschutt loop hof vir die moord. Die hof was gister stampvol lede van die Anti-Gang Unit. Pascoe is gister weer geroep om te getuig. Die voorval in 2016 het nie ver van Pascoe se huis plaasgevind nie. Sy sê die staat het aangebied om haar in witness­ protection­ te plaas in ’n ander provinsie. “Maar ek doen gemeenskapswerk deur die veiligheidsforum en kan nie so ver bly nie.”Sy sê haar organisasie het nou ’n plek van veiligheid vir haar en haar familie gekry. Sy sê wat haar nog verder ontstel van die skietvoorval is dat die metropolisie van die Stad Kaapstad wat glo eerste op die toneel was, vir haar kinders gevra het of daar gangsters bly. “Hulle het ook vir my kids gesê hulle moet maar hul way vind na die polisiekantoor toe.Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.“ ’n Saak van poging tot moord word ondersoek.”Die Stad Kaapstad het by navraag bevestig dat hy die klagte ondersoek het. Ruth Solomons, ’n woordvoerder van die metropolisie, het by navraag gesê: “Nadat die beamptes seker gemaak het niemand is beseer nie en die verdagtes is nie in die omtrek nie, het hulle die perseel verlaat. “Dis nadat die inwoners van die huis aangedui het hulle het die polisie gebel.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.