Slim cops kry ‘gun’ in bin

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE polisie se nasionale ingrypingspan het nie op hom laat wag nie en het ’n shotgun in Sidwell in die Baai gekonfiskeer.Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het dié span Woensdag omstreeks 20:00 na die bruin flats toe gegaan.“Woensdag het die span, wat gelei is deur kol. Amos Vinqi, gereageer op intelligensie-inligting dat verdagtes in die Impala Flats ’n vuurwapen het,” verduidelik Naidu.Volgens haar het die polisie eers net waarneming gedoen.Toe die verdagtes ná drie uur steeds nie te voorskyn gekom het nie, het die cops ’n vullisdrom in die kompleks deursoek.Dis toe dat hulle op die shotgun afgekom het.Die polisie het ’n dossier aangelê.Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, het die ingryping-span die naweek in die Mountweg en Motherwell cluster ontplooi.Die span bestaan uit 30 lede van die nasionale ingrypingspan, die taktiese reaksiespan en die openbare-orde- polisie-eenheid (Pops).Ntshinga het verduidelik: “Dié span sal nou in die misdadigers se gesig wees en ons sal hulle ruimte klein maak totdat hulle ons gebiede verlaat.“Die span het sedert sy ontplooiing reeds ’n verskil gemaak in hot spot-gebiede in albei clusters, met ’n groot aantal arrestasies.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/slim-cops-kry-gun-in-bin-20181018

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.