Soetetjie laat ‘n suur smaak

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N BOTTEL Ship Sherry het gemaak dat Mervin Meyer (43) van Missionvale in die Baai topdiens ontvang het by ’n Baaise Sassa-kantoor.Alles het Vrydag begin toe Meyer na die Cleary Park-winkelsentrum se Sassa-kantore gegaan het om sy kind se dokumentasie uit te sorteer.Mervin is gehelp deur ’n beampte wat by die ontvangs gesit het. Dié het hom begelei na ’n ander man in ’n kantoor.Die man het glo vir Meyer gesê hy gaan iemand kry wat dinge beter kan verduidelik.Dié Sassa-beampte het oënskynlik ’n ander plan in gedagte gehad.“Die official het vir my gesê ons moet mekaar halfway meet dat ek Maandag vinniger gehelp kan word. Hy het gesê ek weet mos dis Vrydag, so ek kan vir hulle ’n Skip koop. Hy het voorgestel dat ons na die ‘rooi dakkies’ toe gaan. Dit is ’n sjebien oorkant Cleary Park,” vertel Meyer.Meyer het toe in sy agterkop die idee gekry om liewer na Shoprite se LiquorShop toe te gaan omdat hy weet daar is sekuriteitskameras.Nadat Meyer ’n bottel Skip gekoop het, het hy die bottel aspris dadelik gegee aan die een beampte, wat saam met sy vennoot in die winkel gestaan en wag het. Die winkel se videomateriaal wys hoe Meyer nog ’n geel plastieksakkie ook moes koop om die bottel drank in te sit. Die een beampte het sy duim gelig om te sê “sharp”, en hy en sy vennoot is toe uit die winkel uit. Dié voorval het 15:20 gebeur. Die sekuriteitsbeampte by die LiquorShop het aan Son bevestig die twee beamptes het saam met Meyer by die winkel ingestap. Hy het ook gesien hoe Meyer die bottel Skip aan die een beampte oorhandig.DankieMeyer was self dors en het vir hom ’n botteltjie Old Brown Sherry gekoop.Maandag is Meyer terug na die Sassa-kantore toe. Hy is ingelaat en dadelik gehelp – terwyl rye ander mense buite moes wag.“Dit het laat my wonder hoeveel keer hulle dit al gedoen het. Die rye is so lank. Daar is oumense wat ook wag,” sê Meyer.Nadat Meyer gehelp is, moes hy weer vir dieselfde twee beamptes ’n bottel Ship Sherry gaan koop “om dankie te sê”. Hy het hulle net ná 12:00 weer gelok om saam met hom na Shoprite se LiquorShop te gaan. Dít is ook op kamera vasgevang en die kassiere het volgens Meyer net hul kop geskud.Meyer voel sleg: “Dis bad, want dis my mense wat so ingedoen word. Daar was arme oumense en babas wat in die rye gewag het. Dink net aan die bedrag geld wat hulle op só ’n slegte manier opeet. Daai was my kinders se kosgeld.”Die Sassa-kantore in Clear­ly Park kon nie per telefoon bereik word nie. Teen druktyd gistermiddag het Sassa se provinsiale kantoor nog nie kommentaar gelewer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/soetetjie-laat-n-suur-smaak-20190212

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.