Span ondersoek ‘ras-voorval’ in Gr.R-klas

Please log in or register to like posts.
News
Span ondersoek ‘ras-voorval’ in Gr.R-klas

Kinders wat apart, volgens ras, in ‘n klas sit, gaan nou deur Sello Jonas, LUR vir onderwys in die Noordwes en senior bestuurders ondersoek word.Die ondersoek kom na ‘n foto viral gegaan het op sosiale media. Dit wys hoe ‘n Gr. R-klas van Laerskool Schweizer-Reneke volgens ras verdeel is.Vuyisile Ngesi, woordvoerder in die kantoor van die premier, sê: “Die provinsiale regering veroordeel enige vorm van rassisme, in die sterkste moontlike terme.“Dit is ‘n jammerte dat so ‘n voorval 25 jaar in ‘n demokrasie plaasvind.”Die foto is die eerste keer op die skool se WhatsApp-groep gedeel.TimesLive haal ‘n ouer van een van die swart Gr. R-leerders aan, wie sê: “Ek het net gesien hoe van die wit ouers sê ‘dankie, dankie’ op die groep.“Niemand het enigiets oor die skeiding van die leerders gesê nie.”Die provinsiale departement van onderwys en sportontwikkeling het ‘n span saamgestel om die omstandighede, wat gelei het daartoe dat die kinders volgens ras geskei is in die klas, te ondersoek.

Reactions

Nobody liked ?