Spanwerk laat ag in sel eindig

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

BEAMPTES van talle polisieklusters in die Oos-Kaap het saamgewerk om ag verdagtes te arresteer ná ’n gewapende rooftog in King Wil­liam’s Town. Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê die mans het Woensdagmiddag ’n winkel beroof. Verskeie selfone en kontant is gesteel. Daarna het die verdagtes in twee voertuie gevlug. Daar is vermoed die verdagtes is op pad na Peddie. Klusters van die naburige Alice, Makhanda (voorheen bekend as Grahamstad), King William’s Town, Oos-Londen en Port Alfred is almal in kennis gestel. Dié klusters het alle roetes in en uit afgesper. GestopGovender voeg by lede van misdaadintelligensie in Ma­khanda het inligting ontvang dat een van die voertuie, ’n silwer Corsa, op die N2 is. Die voertuig is net buite Peddie afgetrek. Die polisie het drie verdagtes gearresteer en beslag gelê op selfone wat vermoedelik tydens die rooftog gesteel is. Die tweede voertuig, ’n wit Chev Aveo, is buite Makhanda gestop. Die polisie het vyf mans in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op vier vuurwapens en selfone. Govender sê die mans sal binnekort in die hof verskyn op klagte van gewapende roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die onwettige besit van ammunisie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/spanwerk-laat-ag-in-sel-eindig-20190117

Share this page to Telegram

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.