Spazas en taverns kry cop-besoek

Please log in or register to like posts.
News
Spazas en taverns kry cop-besoek

VERSKEIE spaza shops in Humansdorp is Vrydag beboet omdat hulle by-laws verontagsaam het. Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, sê die eerste feestydoperasie in die Humansdorp-polisiegroep is uitgevoer deur ’n multidissiplinêre span. Volgens Nkohli is 13 spaza shops beboet.Voorts is beslag gelê op goedere van R30 000 by drie winkels wat kos verkoop het wat verby hulle sell by-datum is. Die polisie het ook ’n onwettige drankplek in Arcadia gesluit en beslag gelê op 29 l alkohol.Ander suksesse sluit in ag gelisensieerde taverns wat ge-serve is met compliance notices­ en vyf buitelanders wat in hegtenis geneem is omdat hulle onwettig in die land is. Twee mense is in hegtenis geneem vir agterstallige boetes en 116 voertuie is by padblokkades deursoek.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply