Spietkop moet sit ná bribe

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N BAAISE spietkop, Vuyani ­Totoyi, is vir vyf jaar tjoekie toe gepos. Dít nadat hy in die Baaise handelshof skuldig bevind is op ’n klag van korrupsie. En dit alles oor ’n R400 bribe wat hy op 2 November 2014 van Ruan van Tonder van Uitenhage aanvaar het. Dit was toe Van Tonder en sy broer, André, op die Swartkopspad was. Hulle was op pad huis toe nadat hulle Van Tonder se nuwe boot getoets het. Luidens sy getuienis vroeër­ in die hof het hy kort voor die Despatch-afdraai van die pad afgetrek toe hy ’n geluid van die sleepwa hoor.Van Tonder beweer die verkeersbeampte wat voor hulle gery het, het toe ook gestop, ’n U-turn gemaak en agter hulle geparkeer.Hy het getuig die spietkop het ’n fout op sy bande uitgewys. Van Tonder het met Totoyi hieroor gestry, waarna Totoyi vir hom gesê het hy “is nie die wet nie”.Hy beweer Totoyi het daarna gesê: “Make me smile­.”“Dis toe dat ek weet hy soek iets,” het Van Tonder getuig.Vuyani totoyi Van Tonder het getuig hy het Totoyi gevra hoeveel hy wil hê, en toe hy hom vra of R400 reg is, het Totoyi “ja” gesê.Van Tonder het getuig hy het vir Totoyi gesê hy het nie soveel kontant by hom nie, maar dat hy hom tot in Despatch moet volg, waar hy dit sou gee.Van Tonder het gesê Totoyi het in Drommedarisstraat gewag terwyl hulle na André se huis is om die geld te gaan haal.Hy het gesê hulle is toe met die R400 kontant polisiestasie toe, waar hulle die situasie aan ene “mnr. ­Young­” verduidelik het.Van Tonder het getuig ­Young het die reeksnommers van die note neer-geskryf en dit met fyn skeurtjies “gemerk”.Young het hulle toe gevolg na waar Totoyi vir hulle gewag het. Van Tonder het gesê Young het Totoyi gevolg nadat hy die kontant aanvaar het.Hy het getuig Totoyi het sy sirene aangeskakel, maar Young het hom uiteindelik van die pad getrek.Totoyi het toe ontken hy is omgekoop, maar die “gemerkte” note is wel in die kar gevind.Die saak het voor landdros Lionel Lindoor gedien.Ronelle Brink het aangekla en Zolile Ngeza het Totoyi verdedig.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/spietkop-moet-sit-na-bribe-20181017

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.