Staatsgetuie laat spaander | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Staatsgetuie laat spaander | Die Son

’N DUBBELE moordverhoor kon nie gister in die Baaise hooggeregshof voortgesit word nie omdat ’n staatsgetuie uit die polisie se getuiebeskermingsprogram verdwyn het.Die getuie was veronderstel om te getuig in die moord­verhoor van Damian Kam­mies (23), Deilon Makoppa (31), Kurt Bosman (29), Christiano Witbooi (19), Ashton Calvert (25) en Warren Steyn (24).Hulle staan tereg op klagte van moord, poging tot moord, ontvoering, brandstigting, die onwet­tige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, aanranding met die opset om ernstig te beseer en huisbraak met die opset om ’n misdaad te pleeg wat onbekend is aan die staat.Die reeks klagte spruit uit ’n voorval op 19 November 2016 toe Mohammed Gamieldien “Mielie” Abdullah en Deon Mathys vermoor is. Adv. Mujaahid Sanden, die staatsaanklaer in die saak, het regter Glen Goosen versoek om ’n lasbrief vir die getuie se inhegtenisneming uit te reik. HervatSanden het die hof meegedeel dat ’n taakspan onder leiding van ene AO Gouws op die been gebring is om na die getuie te gaan soek.Goosen het hierop die lasbrief uitgereik. Toe die hofverrigtinge omstreeks 14:15 hervat word, het adv. Sanden die hof egter meegedeel die span soek steeds na die staatsgetuie. Die hofsaak is tot vandag uitgestel.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.