Stokvel-lede die jaar gescam | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N HELE jaar se stokvel.Dít is wat die tesourier van ’n stokvel-klub in Jeffreysbaai glo gesteel het.Nou doen die polisie ’n beroep op stokvel-lede om hulle maandelikse bydraes liewer elektronies in die klub se rekening oor te betaal, of anders self hulle maandelikse bydraes by die bank in te betaal, eerder as om dit vir die tesourier of een lid te gee om in te betaal.Dít kom nadat die polisie gister ’n 38-jarige vrou wat ook ’n stokvel-lid is, vir diefstal aangekeer het, sê sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder.“Daar word beweer die verdagte het vir die hele jaar nooit die lede se maandelikse bydraes in die klub se rekening inbetaal nie.”Een van die lede het Vrydag ’n klag by die polisie geopen nadat hy en ander lede ontdek het die klub se tesourier het nooit enige van die afgelope jaar se stokvelgelde inbetaal nie.Hierdie gelde beloop sowat R91 690.RedesToe die polisie die saak ondersoek, het hulle ontdek die verdagte se man het haar verlede Dinsdag as vermis aangemeld.Maandag het die vrou haar by die polisiestasie in Graaff-Reinet aangemeld en redes gaan gee vir haar ongewone “verdwyning”.Sy is gister omstreeks 07:00 gearresteer en sal vandag in die Humansdorp-landdroshof verskyn op ’n aanklag van diefstal.Brig. John Lebok, bevelvoerder van die Humansdorp-polisiegroepering, raai stokvel-lede aan om na hulle naaste bank te gaan en te leer hoe om elektroniese bankdienste te gebruik om soortgelyke voorvalle in die toekoms te vermy.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/stokvel-lede-die-jaar-gescam-20181219

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.