‘Stop speletjies’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
‘Stop speletjies’ | Die Son

IS DIT nog ’n gemeenskap of ’n killing field wat gaan eindig in een groot begraafplaas?Dis die vrees van die inwoners van Bonteheuwel, waar bullets nou volopper as breakfast is.Die 18de slagoffer wat sedert die begin van die jaar in bendeverwante geweld dood is, het geval.Die jongste slagoffer is Dinsdagaand vermoor.Son het Maandag berig inwoners het ’n beroep gedoen dat die army ontplooi word.Die moord­syfer het reeds meer as verdubbel in vergelyking met dieselfde tyd laas jaar.Die wyksraadslid Angus McKenzie het gister gesê die bloedbad sal nie ophou totdat troepe ingebring word nie.“Die rede waarom ek laas jaar al die beroep vir die army gedoen het, is dat ek besef het die Bishop Lavis-polisiestasie is onder­beman. Daarom is dit noodsaaklik dat die army inkom en saam met die polisie werk, want die gangsters vrees nie die polisie nie.“Die skrikwekkende ding oor die bende-eenheid is dat die moord­syfer in Bonteheuwel verdubbel het nadat dit gelaunch is.”Henriette Abra­hams, ’n gemeenskapsleier in Bonteheuwel, het gesê McKenzie wil politieke punte score met sy statements.“Angus en die DA het groot bekke sover dit die army betref, want dis hul verkiesingsveldtog.“As die army ontplooi word, gaan dit beteken dat ons onder krygswet (martial law) lewe? Gaan daar ’n noodtoestand wees?“Die army is nie opgelei om bendes te fight nie. Die probleem met die polisie se bende-eenheid is dat hy ’n tekort aan mannekrag het. “Hulle is net 150 lede en kan nie oral op dieselfde tyd wees nie.Pleit“As die nasionale regering ernstig is oor bendegeweld in Bonteheuwel en ander areas op die Kaapse Vlakte, moet meer hulpbronne aan die gang unit toegestaan word.”McKenzie het teruggekap: “Ek praat as ’n demokraties verkose beampte in Bonteheuwel. Die meeste van die mense in Bonteheuwel pleit vir die army.“Henriette moenie speletjies met mense se lewens kom speel nie. Hierdie is ’n desperate pleidooi.”Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n 26-jarige man Dinsdag 21:45 in Kersboomstraat doodgeskiet is.Volgens haar is nóg ’n man in die hospitaal opgeneem nadat hy in dieselfde voorval raakgeskiet is.Rwexana het gevra dat enige een met inligting hul naaste polisiestasie of die polisie se Crime Stop-nommer, 08600 10111, skakel­.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.