Straat is plek van dood vir twee op een dag

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Caslyn VisagieBINNE 12 uur is twee moorde gepleeg in dieselfde straat in die Baaise noordelike gebiede.Dit blyk dat Veloziastraat in Bethelsdorp, Uitbreiding 31, dodelik was Donderdag en Vrydag.Vrydag omstreeks 09:00 is Caslyn Visagie (22) dood­geskiet in dié straat.Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het Visagie en sy vriende in Veloziastraat gestaan toe ’n taxi na hulle toe gery het.“Twee verdagtes het uit die taxi geklim en op die groep geskiet. Visagie het by die naaste huis ingehardloop en is agtervolg en verskeie kere raakgeskiet,” beskryf Naidu.Die verdagtes en motief is tans onbekend en die provinsiale bende-ondersoekeenheid ondersoek ’n saak van moord.OmgeruilLee Jacobs Foto’s verskafNet 12 uur vroeër, Donderdag omstreeks 19:15, is Lee Jacobs (34) vermoor toe sy kar op die hoek van Velozia- en Strelitziastraat gaan staan het met ’n papwiel.Terwyl Jacobs die wiel omgeruil het, het twee gemeenskapslede gehelp om die verkeer te laat vloei.Ewe skielik is skote in hulle rigting afgevuur.Naidu sê Jacobs is twee keer noodlottig geraak in die rug en bobeen, terwyl ’n 48-jarige man wat gehelp het met die verkeer, in die been getref is.“Die motief vir die skietery en die verdagte is in dié stadium onbekend. Die speurders van die Bethelsdorp-polisie ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/straat-is-plek-van-dood-vir-twee-op-een-dag-20181118

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.