Suikerhuis is net bitterheid | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Suikerhuis is net bitterheid | Die Son

INWONERS van Belhar sê ’n bouvallige suikerhuisie in hulle straat maak hulle lewe ’n living hell.Die mense sê gangsters het die plek oorgevat en gebruik dit nou as ’n tik- en hoerhuis.Die woedende inwoners van Matroosbergstraat het gisteroggend voor die plaaslike raadslid se kantore betoog.Hulle sê dis oor hy die huis nie wil laat toemaak nie.Een van die inwoners sê ’n brand het gisteroggend vroeg by die suikerhuisie uitgebreek en bure se huis is toe ook beskadig.Godfrey Cloete (25) sê: “Ons sukkel al langer as 10 jaar met die gangsters wat die huis oorgeneem het.“Daar het voorheen bejaardes gebly. Ná hulle af­sterwe het iemand anders daar kom woon.Lyk“Dié persoon is tronk toe, en die raadslid het die huis toegemaak.“Die bendes het die huis oorgeneem. Hulle gebruik dit as ’n drug den en hoerhuis.“Daar is al ’n vrou verkrag en ’n lyk is ook al in die huis gekry.”eis optrede: Die groepie inwoners van Matroosbergstraat in Belhar betoog voor die suikerhuis. Hulle wil hê die raadslid moet dit sluit.Foto’s: BASIL AFRIKAMelony Bailey sê: “Die raadslid wil nie na ons klagtes luister nie.“Hy het eerder law enforcement vir ons gaan haal toe ons by sy kantoor opdaag.”Dawn van Diewan (30) sê: “Ons het al verskeie petisies opgestel en aan die raadslid oorhandig.“Die huis is ’n gevaar vir ons kinders. Hulle speel daar en die huis kan enige tyd inmekaar val.”Maggie Adams (60), wat langsaan woon, sê: “Die vlamme was so erg, dit het oorgekom na my huis.“My kombuis se dak is amper afgebrand en die kaste is ook erg beskadig.”Die wyksraadslid vir Belhar, Willie Japtha, sê die huis is in die mark.Japtha sê: “Die bendes het die huis gevandaliseer en vanoggend was daar ’n brand by die huis.“Nóg twee ander huise is ook geaffekteer deur die brand.“Ons weet die bendes hang uit daar en ons het dit onder die polisie en metro cops se aandag gebring”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.