Supervisor geskors wat werker verneder

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

‘N SUPERVISOR van Tekkie Town wat ‘n werknemer by die Baywest Mall-tak in die Baai verneder het, is geskors.‘n Foto van die werknemer wat in die vertoonvenster staan met ‘n geskrewe nota voor haar bors het viral op Facebook gegaan.Op die nota staan: “Ek luister nie na my supervisor nie. Nou is ek in die naughty corner”.Die 18-jarige werknemer, wat as Maxime Lee identifiseer is, se hande is agter haar rug vasgebind en haar mond was toegeplak.Die voorval het Vrydagmiddag plaasgevind.Tekkie Town het in ‘n verklaring gesê ‘n dringende ondersoek is gedoen en dat die werknemer berading ontvang.Hulle het ook bevestig dat die supervisor geskors is hangende die formele dissiplinêre proses. – News24

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/supervisor-geskors-wat-werker-verneder-20181009

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.