Suurstofdiewe! | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Suurstofdiewe! | Die Son

DIE polisie is op soek na twee mans wat ’n vrou in Muizenberg beroof het, en ’n medepligtige.Die 24-jarige Kimberley Knowledene van Vrygrond is beroof deur twee mans wat uit ’n silwer Mercedes-Benz gespring het.Dit was Saterdag 07:40 toe Knowledene in Sunrise-boulevard in Muizenberg werk toe gestap het.Die Merc het langs haar gestop terwyl sy op haar selfoon gepraat het.Twee mans het uit die kar gespring en op Knowledene afgepyl.Die boef wat agter gesit het, het Knowle­dene se handsak gegryp en teruggespring in die kar.Knowledene het probeer weghardloop, maar die gespuis wat voor gesit het, het haar geblokkeer.Hy het haar selfoon uit haar hand probeer ruk. Toe sy weerstand bied, het ’n worsteling ontstaan. Die dief het die selfoon gegryp en in die kar gespring.Knowledene het hom agternagesit, maar die Merc het met ’n vaart weggetrek.Benewens die selfoon het die diewe met R1 300 kontant weggekom.Die kar het na verneem word vervalste nom­mer­plate gehad en dis vermoedelik gesteel.Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê die Muizenberg-polisie ondersoek dié saak van roof.Traut sê geen verdagtes is al in hegtenis geneem nie.Hy vra dat enige iemand met inligting asseblief die ondersoek­beampte, konst. Felicia Johnson, by die Muizenberg-polisiestasie moet bel by 021 787 9000.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.