Swaar straf vir buitelander in SA-tronk

Please log in or register to like posts.
Nuus
Swaar straf vir buitelander in SA-tronk

DIEGO Novella, ‘n man van Guatemala, is pas tot 20 jaar tronk toe – in ‘n Suid-Afrikaanse tronk – gestuur.

Novella het sy meisie Gabriela Alban, ‘n Amerikaner, in Julie 2015 vermoor. Die twee was op vakansie in die Kaap toe hy sy meisie in Seapoint in ‘n posh flat vermoor het.

Novella se hy en Gabriela het rowwe seks op die dag van die voorval gehad. Sy het volgens hom tydens seks in’ n man verander.

Hy is reeds in Junie skuldig bevind aan die moord. 

Alban is verwurg en het ook blunt force-trauma gesuffer.

Regter Vincent Saldanha het in sy uitspraak gesê die beskuldigde se weergawe was heeltemal onwaar en daar was niks in sy gedrag wat die teendeel kon bewys nie.

“Ek is tevrede met die inligting voor my dat hy op die oomblik van die voorval die vermoë gehad het om tussen reg en verkeerd te onderskei,” het hy gesê.

Novella en Alban was in dié tyd in ’n verhouding.

Hulle was in Suid-Afrika sodat Alban vir ’n chroniese siekte behandeling kon kry.

Hulle het tuisgegaan in die hotel Camps Bay Retreat.

Novella het voor en in die verhoor skuld ontken.

Hy het beweer hy was op dwelms en het ’n verminderde sin vir verantwoordelikheid gehad.

Novella het verder getuig ’n demoon het hom ten tyde van die moord op Alban gepossess.

Alban se lyk is in die hotelkamer gevind. Chips en ontlasting het aan haar gesig en voete gekleef.

Daar was ook ’n nota met die Spaanse woord “cerote” daarop geskryf. Dit beteken “piece of sh*t”.

Daar is lekkergoed en sjokolade in Alban se mond gevind.

Dit lyk of dit in haar mond ingeforseer is omdat daar tydens die lykskouing ontdek is sy het beserings in haar mond opgedoen.

Novella het beweer hy was nie bewus daarvan dat dit Alban is wat hy vermoor nie; hy het gedink dis ’n demoon waarteen hy homself moet beskerm.

Novella het voorts getuig hy en Alban het dagga, dagga-olie en ’n ander dwelm gebruik wat sy gemoeds­toestand verander het.


Share this page to Telegram

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.