Swanger ná sy vir oudste trick in boek val

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK HET die brief gelees van die meisie wat swanger is en haar outjie wat nou niks met haar te doen wil hê nie.Ek sit in dieselfde boot, Antie. Maar in my geval is dit ’n getroude man.Ons het een aand in ’n club ontmoet en ek het geval vir sy charm.Hy het my vertel dat hy getroud is, maar gesê hy en sy vrou staan op skei, want hulle problems kan nie gefix word nie.Ek het hom geglo en hy was altyd die perfekte gentleman.Hy het uit sy pad gegaan om my te bederf en ek het hom selfs aan my ouers voorgestel.Selfs met hulle was hy eerlik en het gesê dat hy in die process is om te skei.Maar toe ek ontdek ek is swanger en hom daarvan vertel, toe change dinge.Hy
het vir dae nie van hom laat hoor nie en toe ek hom vra wat aangaan,
het hy laat weet hy en sy vrou het besluit om dinge uit te werk.Antie, ek is devastated.Ek weet nie wat om te doen nie.Oor ’n paar maande gaan ek die lewe skenk aan ’n baby wie se pa niks met hom te doen wil hê nie. Hoe deal ’n mens met só iets? – Platgeslaan, WhatsAppH’mmm, wanneer ’n getroude man in clubs begin uithang, moet daar klokke in jou ore lui.Hulle
kom mos gewoonlik met die sadste stories: Ek en my vrou is van bed en
tafel geskei, dinge werk nie uit tussen my en my vrou nie, ek staan op
skei, my vrou verstaan my nie … al hierdie
ek-is-die-victim-verhaaltjies om vroue se panty-rekke pap te kry.Dit gaan Antie se verstand te bowe hoe daar van my Eva-geslag is wat nog vir hierdie flou kaarte kan val.Dit is jammer dat ’n onskuldige bloedjie nou by hierdie hele onsmaaklikheid betrek moet word.Die man wil dalk nie deel van julle lewe wees nie, maar hy het steeds ’n verantwoordelikheid teenoor julle kind.Al is dit net ’n financial responsibility.Maak seker ’n hof sorg dat hy papgeld betaal.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/swanger-na-sy-vir-oudste-trick-in-boek-val-20190207

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.