Sy bewys ‘als is moontlik’

Please log in or register to like posts.
News
Sy bewys ‘als is moontlik’

“HAAR deursettingsvermoë gaan haar nog ver bo laat uitstyg.”Só voel die trotse pleegma van Nuraan Gordon (18), wat onlangs saam met duisende ander matrikulante haar eindeksamen afgelê het.Julie Abrahams van Tafelsig in Mitchells Plain sê hoewel sy en haar dogter mekaar eers in Maart ontmoet het, voel dit asof sy een van haar eie is.“Ek is so honoured om vir haar te sorg, om vir haar ’n beter kans in die lewe te kon gee. “Sy het bewys dat haar verlede nie haar toekoms sal affekteer nie, maar ’n geleentheid is om haar lewe te kan verander,” sê ’n trotse Abrahams.Sy sê Gordon was vanjaar, despite haar omstandighede, in die topvyf van Tafelsig Hoër se matriekklas.“Só iemand moet gevier word. “Sy het nie ’n goeie begin in die lewe gehad nie, sy is gereject en dis wat sy nou in haar tiener­jare moet deurwerk.“Ek weet presies hoe sy voel, ek is self deur rejection en abuse. “Ek dink ons lus vir die lewe en om meer as ons verlede te wees, is wat ons connection so sterk maak,” sê sy.Abrahams sê sy weet dis nie maklik vir ’n kind om hul lewe te herbou nie, maar sy wil graag hê ander mense moet na haar dogter kyk en besef enige iets is moontlik.“Dit is waarom sy so ’n spogmatriekbal verdien het. “Alles is deur mense wat deur Nuraan se positiewe­ persoonlikheid geraak­ is, aan haar geskenk. “Dis beslis ’n oomblik om te cherish,” sê sy.Gordon is voorlopig aanvaar om social development aan die Universiteit van Wes-Kaapland te studeer.“Dit gaan swaar wees vir ons om haar te laat gaan as sy by die universiteit is, maar daar, weet ek, sal sy weereens flourish.”Gordon sê sy sien daarna uit om haar vlerke uit te slaan en hard aan haar loopbaan te werk.“Ek het nie verniet hard gewerk by die skool nie. “Ek wil iets van my lewe maak en vir myself bewys dat ek my drome kan bereik,” sê sy.Die soft-spoken meisie sê sy het nie ’n maklike childhood gehad het nie en dis waarom sy graag n maatskaplike werker wil word om ander kinders te help.“Ek wil graag hulle help om hul lewe te herbou soos my pleegma my help. “Sy motiveer my daagliks en verseker my daarvan dat ek capable­ is om enige iets te accomplish­.“Ander kinders moet dit ook weet,” sê Gordon.

Reactions

Nobody liked ?