Sy word net as nanny gebruik

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK KAN nie anders as om verbitterd te wees nie.Vir drie jaar was ek goed genoeg om na B se twee kinders om te sien toe sy vrou met ’n ander man weggeloop het.Ek was soos ’n ma vir die kinders en het na ál hulle behoeftes om­gesien.Ek was ’n vrou vir B wat ál die dinge wat hy in die bed wou hê, aan hom gegee het. Dinge wat hy self gesê het sy vrou nie eens vir hulle gedoen het nie.Antie, B het my laat glo dat ons ’n toekoms saam het.Hy het gesê as sy egskeiding die dag deur is, dan sien hy my as die vrou langs sy sy.Ek het regtigwaar daarna uitgesien, want in my lewe het ek ook net met ’n klomp losers te doen gekry.En toe kry ek die skok van my lewe toe B my WhatsApp en sê ek moet my goed vat en f*kk*f. Sommer net so.Ek wou nog weet hoekom, maar hy het gesê hy skuld my nie ’n verduideliking nie.Hy was baie lelik en het my stink uitgevloek.Ek het maar na my ma se huis getrek. Twee dae later het ’n ander vrou ingetrek.Ek is stukkend, Antie. Hoe kon hy só maak met my? – Gebroke, WhatsAppLiefie, hoe seer dit ook al maak, moet jy besef dat B jou net as ’n nanny vir sy kinders gebruik het.Dít terwyl hy die geelwortel van ’n moontlike everlasting verhouding tussen julle voor jou gehou het. Dit was nie mooi van hom om jou so aan ’n lyntjie te hou nie.En nou het hy iemand anders wat hy na alle waarskynlikheid ook net gaan gebruik, tot iemand anders op die toneel verskyn.Dis ’n bitter pil, maar wat anders kan jy doen as om jou kop omhoog te hou en aan te beweeg?En nooit weer vir sulke heuningkwas-gedagtes te val nie.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/sy-word-net-as-nanny-gebruik-20181220

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.