‘Sy’t hom dadelik herken’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DONOVAN Heugh se advokaat het konst. Jason Kivido Vrydag gegrill oor die klaagster se getuienis.Heugh (25) en ’n minderjarige seun loop hof vir onder meer verkragting.Adv. Deon Erasmus het in kruisondervraging aan Kivido gesê: “Toe die klaagster getuig het, het sy nie getuig sy’t vir die polisie gesê Heugh het zig-zag-haarpatrone op sy kop nie.”Volgens Erasmus het die onderwyseres getuig Heugh het die dag van die voorval ’n beanie gedra. Volgens die regsverteenwoordiger is dit Heugh se instruksie dat die klaagster sy haarstyl die eerste keer gesien het die aand toe sy hom by die polisiestasie uitgeken het. Erasmus het dit ook aan Kivido gestel dat die juffrou getuig het sy het aan die polisie gesê Heugh het merkies aan sy regterduim – niks van tattoos op sy arms nie.Kivido het gesê toe hy die aand van 27 Julie 2017 die rooi backpack wat hulle vroeër by Heugh afgeneem het na die vrou se huis toe vat, het sy dadelik gevra: “Where­ did you get my bag?”Volgens Kivido het hy haar gevra om die verdagte te beskryf.Hy het getuig sy het gesê die verdagte het tattoos aan sy arm en zig-zag-patrone op sy kop.Hy het verder getuig die onderwysers het gesê die verdagte het ’n merkie aan die regterkant van sy neus en dat sy vroeër die dag per ongeluk sy neusring uitgeskop het.Volgens Kivido het die beskrywing Heugh gematch. Die klaagster het hom dieselfde aand nog deur eenrigtingglas by die polisiestasie uitgeken.“Toe sy deur die glas kyk, het sy onmiddellik gesê dit is hy. Sy het emosioneel geraak en begin bewe.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/syt-hom-dadelik-herken-20181111

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.