Taal, lag van Nel se liefdes

Please log in or register to like posts.
News
Taal, lag van Nel se liefdes

VERSKEIE huldeblyke is gister gelewer op ’n gedenkdiens vir Son se voormalige hoofsub­redakteur, JP Nel (55). Sy oudste dogter, Margrethe Nel, het in die NG Kerk Bell­ville-Wes onder meer gesê haar “ teddiebeer-pa was ’n wandelende woordeboek”.Nel se jongste dogter, Mia Nel, het ’n gevoelvolle klavierstuk van Chopin gespeel as huldeblyk aan hom.Nel was bekend vir sy liefde vir musiek.Stephan Louw, Alastair van Huyssteen en Gert Myburgh het almal in hulle huldeblyke melding gemaak van Nel se wonderlike gawe vir woordspeling en dubbelsinnigheid, asook sy sin vir humor.Nel was hoofsub van Son sedert die koerant se ontstaan in Maart 2003. Hy is op 26 Desember ver­lede jaar oorlede.

Reactions

Nobody liked ?