Talle groet biker | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

SPRINGBOK. – ’n Biker is dié naweek gegroet op een van die grootste begrafnisse hier.Die yster was die 35-jarige Roland Cloete, ook bekend as “Pretty”, oorspronklik van Steinkopf in Namakwaland.Cloete is Saterdag 2 Maart tussen Kuruman en Kathu in die Noord-Kaap tragies dood.Die aard van sy motorfietsongeluk en omvang van sy beserings het die Noord-Kaap geruk.Honderde mense en bikers van oral in die Noord- en Wes-Kaap het die begrafnisdiens in die VGK Springbok in Bergsig bygewoon.Verteenwoordigers van sy werkgewer, Kum­ba Iron Ore, en sy vakbond, Solidariteit, was onder die begrafnisgangers.Ds. Paul de Wet het uit Jo­han­nes 19 gelees en gesê Cloete se dood herinner hom baie aan Jesus se kruisiging.“Uit hierdie donker uur sal daar ook lig en hoop kom, soos met Jesus se dood die geval was. “Onthou dit as verse van oordenking.”Gedurende die diens het sy klub, Namaqua Riders MCC (NRMCC), colours aan hom toegeken, volgens hulle tradisie.Die klub het later gesê dit was baie onsensitief om die skokkende video’s van sy ongelukstoneel so gou te versprei – dít voordat sy gesin van sy ongeluk geweet het.Dit het gewys hoe dele van sy stukkende lyk oor die pad versprei gelê het.Lede van sy klub het Cloete as ’n energieke, lojale en minsame persoon beskryf.Volgens ’n ingeligte was hy op ’n motorfiets-rally in Kuruman en was op pad terug na Kathu, waar hy gewoon en gewerk het. Ander bikers het saam met hom gery.’n Betroubare bron wat anoniem wil bly, het vertel Cloete wou vermoedelik verby ’n bakkie ry toe die ongeluk gebeur het.“Sy bike se voorwiel het die bakkie se agterwiel gevang. Dit was baie tragies, want hy is uitmekaargeruk.”

https://www.son.co.za/Nuus/NasionaleNuus/talle-groet-biker-20190312

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.