Talle sluit hul clinic se deure

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N REUSE-TEKORT aan personeel en worries oor veiligheid het inwoners van Uitenhage gister gedruk tot tyres brand voor die Rosedale-kliniek.Verpleegsters moes gister op die sypaadjie sit nadat ’n groot groep moerige inwoners die kliniek gesluit het. En nie eens ’n verteenwoordiger van die departement van gesondheid kon hulle bedaar nie.Maggie Jacobs, ’n gemeenskapsleier van Tiryville, was voor in die koor van inwoners wat dié verteenwoordiger weggejaag het.Hulle eis dat die LUR vir gesondheid, Helen Sauls-August, self met hulle kom praat.Terwyl Jacobs besig was met die verteenwoordiger, het nog ’n vrou geskree: “Sy moenie vier jaar vat om hier te kom nie. Sy moet oor vier ure hier wees. Laat sy kom, ek wil hoor wat sy te sê het.”KLINIEK BLY TOE: Shevandré Mintoor swaai gister ’n tyre.Dié vrou was te ontsteld om haar naam te gee.Shevandré Mintoor, wat tyres geswaai het, het saamgestem. “Ons gaan aanhou brand tot daar meer personeel gestuur word. En tot die LUR hier by ons kom luister na ons probleme.”Nog ’n inwoner, wat nie sy naam wou gee nie, het gesê: “Daar is net een dokter by die kliniek. Almal hier in dié groot plek kan mos nie deur een dokter gehelp word nie.”Hy meen sommige dae staan inwoners ’n groter kans om siek te word terwyl hulle by die kliniek staan en wag op hulp as by hul huise. “Maandag, toe dit so ge­reën het, moes die mense heeldag in die reën staan. En dis siek oumense. In die reën …“Daar is ’n afdak by die kliniek waaronder die mense kon sit, maar die security wou nie die hek oopmaak nie.”Veiligheid is ook ’n groot probleem.Shaun McDonald wys merke aan sy kop.“Jy moet super vroeg daar wees as jy gehelp wil word.“Een oggend het ek so vroeg opgestaan en buite die kliniek gaan wag. Toe kom vier ouens daar aan en steek my in die kop.”BAIE GEVAARLIK: Shaun Mc­Donald wys waar hy een oggend gesteek is.McDonald meen die kliniek moet eerder twee skofte vir die personeel hê sodat dit vroeër kan oopmaak en saans later kan sluit.Kathlene January het gesê as die personeellede hul daag­likse oggend-meeting los, sal daar baie meer tyd wees om siekes te help.“Die mense staan hier buite terwyl hulle lange meetings hou. Hulle kan daai mos op ’n Vrydagmiddag of ’n Saterdag doen.”Nie alle inwoners was happy met die betoging nie.’n Paar inwoners, onder andere Maria Franse en Abraham Martins, wou hul pille gaan haal, maar het voor dooiemansdeur omgedraai.“Ek het gister (Maandag) heeldag gesit en wag, maar is nie gehelp nie. Toe kom ek vandag (gister) terug vir my pille, maar nou loop ek my vas in die betoging.”Teen druktyd het die provinsiale gesondheidsdepartement steeds nie op Son se navrae om kommentaar gereageer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/talle-sluit-hul-clinic-se-deure-20190212

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.