Talle vas in cops se operasies

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

MEER as 50 verdagtes is gearresteer in verskeie operasies wat die afgelope naweek in die King William’s Town-polisiëringsgebied plaasgevind het. Verdagtes van 19 tot 46 jaar oud is gearresteer vir ’n hele rits klagte, insluitend diefstal, dronk op straat, dwelmhandel, die verkoop van alkohol sonder ’n lisensie, huisbraak, verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die polisie het ook beslag gelê op 13 messe. Kapt. Siphokazi Mawisa­, ’n polisiewoordvoerder, sê: “Die polisie is besig met dié operasies in King William­’s­­ Town en omgewing in ’n poging om misdaad te verminder. Prioriteit“Die polisie doen ook ’n beroep op die gemeenskappe om saam met die polisie te werk deur alle misdade in die gebied aan te meld.”Van die verdagtes het gister in die plaaslike landdroshof verskyn. Die res verskyn vandag. Brig. Luntu Ngubelanga, polisiegroep-bevelvoerder in King William­’s Town, sê die polisie maak dit ’n prioriteit om te verseker dat gemeenskappe in ’n veilige omgewing woon. “Die polisie sal voortgaan om sigbaarheid te verhoog en sal stop-en- search-operasies hou, waarin beslag gelê sal word op nog gevaarlike wapens.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/talle-vas-in-cops-se-operasies-20190121

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.