Tattoos moet wys wie victim is

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE jong man wat in ’n Baaise parkie ge-neck­lace is, is net een van drie mense wat die naweek hier wreed om die lewe gebring is.Elrico Tiervlei (28) se lyk is Sondag omstreeks 07:20 in ’n parkie tussen Canada- en Freezestraat in Kwa­Noxolo gekry.Tiervlei was van Siya­zama­straat. Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n woordvoerder vir die polisie, is Tiervlei omstreeks 06:00 die oggend by die huis weg.“Sy gebrande liggaam is later op ’n sementblad in die park gevind. Daar was ’n tyre om sy nek.”Naidu het bygevoeg Tiervlei was na bewering ’n lid van die Hondekoppe-bende. Sy liggaam het nie heel­temal uitgebrand nie, maar hy is deur sy tatoeëermerke uitgeken.Tiervlei is vermoedelik eers met bakstene aangerand en toe aan die brand gesteek.Die polisie weet nog nie wie vir die grusame aanval verantwoordelik was of hoekom hulle dit gedoen het nie. “Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help met enige inligting wat kan lei tot die verdagtes se arrestasie. “ ’n Moordsaak word ondersoek.”In ’n ander voorval is die lyk van ’n Rasta op die pavement in Kokstraat, 7de Laan, gevind.’n Verbyganger het Sondag omstreeks 02:00 iemand op die grond sien lê en die polisie gebel.Die man het verskeie skietwonde gehad. Hy is later geïdentifiseer as Christopher Mitchell (34) van Vastrap in Booysenpark.Volgens die polisie was Mitchell ’n Rasta.Hulle weet nog nie aan watter bende hy behoort het nie. Die polisie probeer ook nog uitfigure wie hom vermoor het en hoekom. Ander konflik het ook die naweek ’n lewe geëis.Saterdag omstreeks 23:00 is die polisie laat weet van ’n bakleiery by ’n tavern in Missionweg in Kuyga.WeggehardloopToe die polisie daar aankom, het hulle ’n vrou op die grond gekry. Volgens ooggetuies het twee broers ’n vrou in die tavern aangerand. Haar suster het die fight probeer keer, maar toe steek een van die verdagtes haar met ’n mes in die linkerbors. Haar man is met ’n graaf aangerand. Volgens Naidu het die verdagtes weg­gehardloop.Die oorledene is geïdentifiseer as Nkazana Evelyn Basa (61). ’n Moordsaak word ondersoek.Enige iemand met inligting oor Tiervlei wat genecklace is, word gevra om die speurder lt.kol. Mike Grobler by 082 442 1825 te bel. Alle inligting is streng vertroulik.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/tattoos-moet-wys-wie-victim-is-20181022

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.