Taxi-man vort | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Taxi-man vort | Die Son

“HY IS nie ’n faktor in my of my gesin se lewe nie.”Só sê die ma van een van die tien kinders wat op 25 Augustus 2010 weens Jacob Humphreys se onverskilligheid op die Buttskop-treinoorgang in Blackheath dood is.Humphreys was die driver van ’n skooltaxi wat die kruising onwettig oorgesteek het en deur ’n trein getref is.Vier ander kinders is ernstig beseer.Simphiwe Xako, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan die media bevestig Humphreys is op 22 Augustus vrygelaat nadat hy sy vonnis uitgedien het.Hy is in Februarie 2012 in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot 20 jaar in die mang gevonnis vir 10 klagte van moord.Die appèlhof het dié vonnis na ag jaar verminder en die klagte van moord na strafbare manslag verander.Hy het daarna ses en ’n half jaar uitgedien.Son het Humphreys gister by sy huis in Eersterivier gaan soek, maar ’n inwoner sê hy bly nie meer daar nie.Vir Valerie Phillips, wat haar 13-jarige seun, Jody, in die ongeluk verloor het, maak dit nie saak of hy binne of buite die tronk is nie.Vir haar verander dit niks.“Daar is niks wat my kind sal terugbring nie. Humphreys is nie ’n faktor in ons lewe nie. Ek wil nie eens oor hom praat nie,” sê sy.Aanbeweeg Phillips sê vir haar familie is die verlies van haar seun nog baie moeilik om te aanvaar.VRY: Jacob Humphreys het in Augustus uitgekom. Foto: JONATHAN LESTRADE “Ons probeer aanbeweeg met ons lewe, maar dit is nie easy nie,” sê sy.Phillips sê Jody sou sy 22ste verjaardag op 29 November gevier het – en elke jaar is dit maar ’n tyd vol hartseer en emosie.“Ja, hy is nou vry en kan aangaan met sy lewe, maar ek kan nie rejoice nie. Sy familie rejoice seker dat hy vry is, maar ons lewe sal nooit weer dieselfde wees nie,” sê sy oor Humphreys.“Ek hoop net hy sal dit nooit weer doen nie. Hy moet bid om vergifnis.”

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply