Tekort aan ‘rape kits’ helse krisis

Please log in or register to like posts.
Nuus
Tekort aan ‘rape kits’ helse krisis

Update
Port Elizabeth

NIE een enkele rapekit of DNA kit is in die Oos-Kaap beskikbaar nie. Geen DNS-monsters kan dus van verkragtingslagoffers geneem word nie.En ook geen bewyse kan dus op die oomblik versamel word teen verkragters nie. Dít is in ’n provinsie waarin daar, luidens die jongste misdaadstatistieke, 19 verkragtings per dag aangemeld word.Ook moordsake kan hieronder ly, aangesien DNS-monsters nie op tonele geneem kan word nie.Dié skok-onthulling het gekom nadat die LUR vir veiligheid, Weziwe Tikana, gereageer het op vrae in die wetgewer. In die boekjaar 2017-18 het die polisie 41 545 rape kits en 44 600 DNA collection kits gebruik, lui haar antwoord.Maar vir die boekjaar 2018-2019 is daar nie ’n enkele een van dié twee kits beskikbaar nie. Tikana voeg by dié skokkende tekort is ’n nasionale probleem. Bobby Stevenson, DA-woordvoerder oor veiligheid, is woedend hieroor.“In ’n provinsie waarin 8 094 sake van verkragting en 16,15% van dié sake in die land gerapporteer word, is dit eenvoudig onaanvaarbaar dat daar nie ’n enkele rape kit beskikbaar is nie.“Dit is ’n helse krisis!“Verkragslagoffers word nou betray deur ’n polisiediens sonder die nodige hulpbronne. “Die groot vraag nou is: Hoekom is die polisie in dié situasie? Koppe moet waai.”Stevenson meen die polisie moet te alle tye die nodige hulpbronne en toerusting hê om hul werk te doen sodat wetsoortreders gevang en gevonnis kan word. “Verkragslagoffers het reeds so baie om te oorkom net om die saak aan te meld,” voeg hy by.Stevenson het belowe om opvolgvrae aan Tikana te stel om vas te stel wanneer die kritieke tekorte aangepak en opgelos sal word. Hy beplan ook om dié skokkende tekorte deur sy kollega in die parlement, Za­khele Mbhele, aan te spreek.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/tekort-aan-rape-kits-helse-krisis-20180915

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.