Terggees naby klub geskiet | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N RASTA van Helenvale in die Baai het eintlik net saam met vriende gaan kuier toe hy twee keer in die kop en een keer in die maag geskiet is.Die familie van Brendon Louwskieter (34), ’n pa van vier, is in rou gedompel omdat hy sy lewe op só ’n tragiese manier verloor het.AO Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het Sondag omstreeks 03:00 voor Q-bar plaasgevind. Volgens Labans het Brendon buite Q-bar in Parlementstraat gestaan toe ’n blou kar daar stilhou. ’n Verdagte het uit die kar geklim en op hom begin skiet. Brendon is in die kop geskiet en is ook in die maag getref. “Hy is met ’n privaat kar na die hospitaal geneem en is daar oorlede.”Labans sê hulle weet nog nie wie die skieter is of waarom hy op Brendon losgebrand het nie. Niemand is nog gearresteer nie. OpgestapDie polisie ondersoek ’n saak van moord.Brendon se suster, Salomie Louwskieter (26), was dié aand saam met hom uit na Parlementstraat. Dit is die eerste keer dat hulle saam uitgegaan het. skok: Brendon Louwskieter se suster, Salomie Louwskieter, en sy kinders (van links), Naftali Heneke, Christiano Heneke en Beruldine Heneke, treur oor sy skielike heengaan. Foto: deon ferreiraSy en haar vriendinne het by ’n kuierplek langs Q-bar gechill.“My broer en een van my vriendinne het in die straat opgestap om iets te kry om te eet. Hulle het teruggekom met pizza. My vriendin het dit vir my binnetoe gebring. “Ek het nog nie eens gesluk nie toe een van Brendon se vriende in die plek ingehardloop kom en sê hy is nou net geskiet. “Ek het nie die gunshots gehoor nie, maar blykbaar was daar nege skote,” vertel Salomie.“Toe ek daar kom, het ek hom gesien lê. Ek het gesien hy gaan dit nie maak nie, want hy het twee skote in die kop gekry en sy oë het stilgestaan.”Sy en haar broer se vriende het hom in ’n kar gelaai en gejaag na die Livingstone-hospitaal, waar hy dood verklaar is.Salomie sê sy en Brendon was baie close en hy het haar altyd op ’n liefdevolle manier geterg. Hy het van reggae gehou en het baie vriende gehad.Christiano Heneke (11), Brendon se tweede oudste kind, sê sy pa het baie hard gewerk vir hulle en altyd grappe gemaak. Hy gaan die seevakansies in Noordeinde mis. Brendon laat sy ma, vier kinders, twee susters en twee broers agter.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/terggees-naby-klub-geskiet-20190211

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.