Texts voor, ná skote bekyk

Please log in or register to like posts.
News
Texts voor, ná skote bekyk

“WAAR is Walter. Wat is Walter se nommer?”Dit is die twee WhatsApp-boodskappe waarop die polisie afgekom het op die selfoon van ’n moordbeskuldigde. Konst. Alexander Pio het gister getuig in die moordverhoor van Walter Francis (33), Wayne Wabanie (25) en Shamiel Galant (20). Hulle word verdink van die skietdood van Alex Nico Ferreira (27) op 21 Februarie 2017 in Bethelsdorp.Pio getuig gister hy was die aanvanklike ondersoekbeampte in die saak tot 28 Julie 2017, toe hy die bende-eenheid verlaat en hom by die polisie in New Brighton aangesluit het. Hy sê AO Neville Gouws het toe die saak by hom oorgeneem.Volgens Pio het hy vroeër beslag gelê op Wabanie se Nokia E 63-selfoon.Wayne Wabanie Foto’s: theo jepthaHy het toe die selfoon na die polisie se tegniese ondersteuningseenheid gestuur om data te extract.Pio het getuig toe hy die selfoon van die eenheid terugkry, het hy foto’s van WhatsApp­-boodskappe op die foon geneem. Dit is omdat die ondersteuningsdienste nie in staat was om die WhatsApp-boodskappe op die selfoon af te laai nie.Volgens Pio was die boodskappe op die selfoon kommunikasie tussen Wabanie en ene Hoëkop.Pio sê daar was om 15:49 – ’n paar uur voor die skietvoorval – kommunikasie tussen Wabanie en Hoëkop. Die ander kommunikasie tussen hulle twee was 16:30, weer 16:30, 16:31, 17:03, 17:14, 17:16 en 19:28 – nadat die skietvoorval plaasgevind het. Pio het twee WhatsApp-boodskappe op die selfoon wat lui: “Waar is Walter?” en “Wat is Walter se nommer” in die hof voorgelees.Volgens hom het dié betrokke boodskappe voor die skietvoorval plaasgevind.Pio sê in kruisondervraging deur Francis se lawyer, adv. Terry Price, hy ken Hoëkop nie.Shamiel Galant Price het Pio voorts gelei om te getuig dit is duidelik Wabanie ken nie Francis­ se nommer nie.Pio sê in kruisondervraging deur Wabanie se lawyer­, adv. Hannelie Bakker­, hy onthou ene Luke du Plessis het in sy ondersoek gefeature.Volgens Pio is Du Plessis eerste in hegtenis geneem. Hy is egter weer vrygelaat omdat daar geen bewyse teen hom was nie.Pio sê hoewel Du Plessis geweet het van die skietvoorval is ’n getuieverklaring nie by hom afgeneem nie.Bakker lei Pio om te getuig hy kan dit nie betwis dat die memory card in Wabanie se selfoon nie aan hom (Wabanie­) behoort nie.KlaSy het hom voorts gelei om te getuig hy kan nie sê of Wabanie self die boodskappe getik het nie. Volgens Pio is daar nie ’n nommer van Francis gelys in Wabanie se selfoon-kontaklys nie. Die saak dien voor regter Elna Revellas. Adv. Velile Makasana kla aan.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.