Tiener al 12 dae nêrens te vinde

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE hoop dat haar dogter ongedeerd by die huis sal aankom, is al waaraan ’n verlangende ma van Despatch nou vasklou.Vandag is die 12de dag dat Brandolene Prince (14) van Daleview buite die Baai vermis is.Haar ma, Ester Johannes (57), is siek van kommer, maar wil nog nie die ergste dink nie.“Daardie Maandag het my dogter by ’n vriend in Uitenhage ’n selfoon gaan haal. Sy het nooit teruggekom huis toe nie.“Ek was saam met die polisie na die huis waarheen sy gesê het sy gaan. “Haar vriende daar het haar nie gesien nie. Hulle het vir die polisie gesê hulle sal bel sodra hulle enigiets van my dogter hoor.”Kersfees was vir Prince se gesin baie droewig omdat hulle dit sonder haar moes deurbring. In hulle agter­kop wonder hulle die hele tyd waar sy haar bevind.“Kersfees was baie hartseer, want al die jare het ons dit saam met haar gevier. “Ek dink aan baie dinge en ek vra die Here om al die snaakse gedagtes – dat sy dood opgetel gaan word of verkrag is – weg te neem,” sê Johannes.Sy vertel sy hoor soms haar dogter se stem, maar wanneer sy drie-uur die oggend by die venster uitkyk, is daar niemand.Johannes het saam met nog familie in die kar geklim en Uitenhage se strate platgery. Sy sê sy bid Prince sal net soos die verlore seun in die Bybel huis toe kom.GekryToe Prince laas gesien is, het sy ’n rooi top met goue letters daarop en ’n swart jean gedra. Die tiener het ’n merkie aan die kant van haar gesig.Johannes het bevestig dat Prince een keer vantevore verdwyn het, maar sy is toe dieselfde dag nog in Uitenhage gekry.Enige iemand wat Prince gewaar, kan Johannes by 074 655 1479 bel.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/tiener-al-12-dae-nerens-te-vinde-20181227

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.