Tiener in arres oor mesdood

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE polisie in Centane het ’n 17-jarige seun gearresteer vir die moord op ’n 21-jarige man. Kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder, sê die twee het Saterdag saam gekuier in die Midange-township.Omstreeks 05:00 het ’n misverstand glo tussen die twee uitgebreek. Luidens polisie-inligting het die tienerseun toe sy mes uitgepluk en die 21-jarige gesteek. Die 21-jarige is op die toneel dood. Die polisie het vinnig gereageer nadat die moord aangemeld is, en die verdagte is opgespoor en gearresteer. Hy is aan sy ouers oorhandig met ’n waarskuwing dat hy vandag in die plaaslike landdroshof moet verskyn.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/tiener-in-arres-oor-mesdood-20181007

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.