Tiener, oue verkrag: Twee vas

Please log in or register to like posts.
News
Tiener, oue verkrag: Twee vas

DIE polisie in Msobomvu het ’n 27-jarige man gearresteer vir die verkragting van ’n 12-jarige meisie. Die voorval het Saterdag om 18:30 gebeur toe die victim se ma haar na ’n spaza shop in Bika, Butterworth, gestuur het. “Terwyl sy nog op pad was na die spaza shop, het die verdagte die meisie gegryp en haar die bosse ingetrek waar sy verkrag is,” sê kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder. Die saak is kort ná die voorval by polisie aangemeld en die verdagte is Sondag gearresteer. Hy verskyn vandag in die plaaslike landdroshof op ’n klag van verkragting. Die waarnemende bevelvoerder van die Butterworth-polisiëringsgebied, kol. Ncedo­ Ngwendze, het die mishandeling­ van vroue en kinders veroordeel. Hy het ook die polisie gelukgewens met hulle vinnige optrede wat tot die arrestasie van die verdagte gelei het. In nog ’n voorval is ’n man (32) gearresteer vir die verkragting van ’n 99-jarige familielid. Die voorval het Vrydag gebeur toe die victim alleen by die huis in die Nkunzimbini-lokasie geslaap het. Wurg“Sy het wakker geword van die geluid van die deur wat oopgaan. Die familielid het ingekom en haar gevra hoekom sy oor hom praat in die village,” sê kapt. Mali Govender, ’n polisiewoordvoerder. “Nog voordat sy hom kon antwoord, het hy haar begin wurg en al die ligte afgesit. Daarna het hy haar verkrag.“Toe hy klaar was met die wrede daad, het hy van die toneel gevlug. Die getraumatiseerde victim het toe hulp by bure gaan soek, waarna die saak by die hoofman van hul village aangemeld is. “Die hoofman het die gemeenskap gemobiliseer om na die verdagte te gaan soek. “Die gemeenskap het hom Saterdag opgespoor en aan die polisie oorhandig.”Die verdagte het gister in die plaaslike landdroshof verskyn op klagte van verkragting. Hy is nog in aanhouding. Lt.genl. Liziwe Ntshinga, die provinsiale polisiekommissaris, het ’n beroep gedoen dat ondersoeke geprioritiseer word waar die slagoffers vroue, kinders of senior burgers is. “Die ondersoekbeampte moet seker maak dat alles moontlik gedoen word om borgtog teen te staan.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.