Tiener weg ná tyd by tavern

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N VERMISTE tiener se familie klou aan ’n enkele noodkreet op Facebook – en die polisie kort jou hulp om haar te vind. Sharine “Mami” Jantjies (13) van Khaya­mnandi in Despatch het verlede Sondag spoorloos verdwyn.Woensdagoggend het sy op Facebook ’n noodkreet aan haar ma geskryf. Die boodskap het gelui: “Help my, asseblief.”Daarna het sy weer offline verdwyn. Die polisie se eenheid belas met gesinsgeweld, kinder­beskerming en sek­s­misdrywe in die Uitenhage cluster ondersoek nou die verdwyning.Hulle doen ’n dringende beroep op die gemeenskap om hulle te help om die 13-jarige op te spoor.Sharine se ma, Yvonne, het haar dogter amptelik op 17 Oktober as vermis by die polisie aangemeld.Kapt. Gerda Swart, ’n woordvoerder van die polisie, het gesê: “Sy is as vermis aangemeld nadat sy op Sondag 14 Oktober nie huis toe gekom het nie.” VerlaatDaar word beweer Sharine en ’n vriend het ’n tavern in Khayamnandi besoek.Sy het die perseel daardie selfde aand saam met on­bekende mans verlaat, aldus die woordvoerder.Yvonne sê sy het op die tavern se video footage gesien hoe haar dogter saam met onbekende mense by ’n tafel gaan sit. Ná ’n uur het sy saam met hulle in ’n rooi kar geklim en verdwyn.Volgens Yvonne het sy Woensdag om en by 10:40 die boodskap vir hulp gestuur, maar daarna was Sharine weer offline.Die bekommerde Yvonne sê: “Dit het my darem­ hoop gegee dat sy nog lewe en somehow ’n selfoon in die hande gekry het. “Wat my bekommer, is die feit dat sy nooit vantevore so weggeraak het nie. “Ek wil net my kind lewend terughê, maak nie saak in watter toestand sy is nie.”Die speurder het glo aan die ouers gesê hulle gaan kyk of hulle kan trace waar die meisie se boodskap vandaan gekom het.Yvonne en Sharine se pa, Shawn, soek al sedert sy daardie Sondag verdwyn het orals na haar, maar sonder enige resultate.Sharine het ligte gelaatstrekke. Sy het ’n oranje T-hemp, swart jeans en tekkies aangehad op die dag dat sy vermis geraak het.Enige iemand met inligting oor waar sy is, word aangemoedig om die ondersoekbeampte, AO Siphiwo Ndoni, by 072 732 4847 te bel.Die polisie se Stop Misdaadlyn kan ook geskakel word by 08600 10111.Yvonne kan gekontak word by 078 614 2991.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/tiener-weg-na-tyd-by-tavern-20181025

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.