Tikkop in spore gestuit | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N DRUGGIE het nog gedink die coast is clear om in te breek, maar toe misgis hy hom lelik.Toe hy weer sien, het die huiseienaar hom – gewapen met ’n stok – gekonfronteer.Ná die voorval is Yunus Adams van Gelvandale in die Baaise noordelike gebiede seker dat die skelm nie weer sy streke by sy huis sal try nie.“Dit was Sondag vroegaand gewees en ek was nog wakker. “Toe hoor ek die hek oopgaan en ek wonder toe ‘my bru, wat gaan aan?’.Ädams het toe gaan ondersoek instel en op die verdagte ou afgekom. “Hy is seker in sy laat 20’s of vroeë 30’s. “Ek het hom sommer Kaapse style hanteer en ’n stok by sy neus opgedruk.” Die skelm het nie eens weggehardloop nie. Sy verskonings was dat hy iemand soek. Adams het die skelm gevra om hom sy dwelms te wys en hy het dadelik ’n kwart Mandrax-pil en ’n gebreekte bottelnek gewys.“Die man het sommer ge-pose dat ek ’n foto van hom ook neem. “Ek het hom gesê hy moet liewer loop voordat ek hom slaan. “Hy het toe jammer gesê en gesê hy sal dit nie weer doen nie.” Adams het die ou se foto op ’n WhatsApp-groep ge-post en dadelik het ander hom herken as “Skulle”. Volgens dié groeplede breek hy glo gereeld in by plekke en hy hang gewoonlik uit by ’n dwelmhuis in Gelvandale.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/tikkop-in-spore-gestuit-20181002

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.