‘Toe brand body’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
‘Toe brand body’ | Die Son

DIE moordverhoor van ’n jong man van Motherwell wat na bewering ’n meisie aan die brand gesteek het, het vandeesweek in die Baaise hooggeregshof begin.Xolani Nyangwa (24) staan tereg op klagte van moord en ontvoering. Die slagoffer was Sinoxolo Wendy Beyi (14).StaanLuidens die klagstaat was sy op Sondag 30 September 2017 in die geselskap van vriende en nog ander mense by die Ziyawa Tavern in Mpangele­straat, Motherwell.Nyangwa was ook by die tavern.In ’n stadium het Beyi en een van haar vriende buite die tavern gaan staan. Nyangwa was toe ook buite die tavern.Luidens die klagstaat het hy Beyi gedwing om saam met hom te gaan na ’n halfgeboude huis in Mvokontshistraat, ook in Motherwell. Hy het haar verbied om die betrokke huis te verlaat.Nyangwa het Beyi toe aangerand deur haar met ’n voorwerp te slaan.Hy het haar ook geskop, waarna hy haar aan die brand gesteek het.Beyi het kort hierna aan haar brandwonde beswyk.Toe die polisie op die toneel opdaag, was Beyi se liggaam steeds besig om te brand.Op 2 Oktober 2017 het dr. Annemarie Louise Mattheus ’n nadoodse ondersoek op Beyi gedoen.Sy het bevind die oorsaak van Beyi se dood is consistent met houe wat teen haar kop toegedien is.Nyangwa is op 1 Oktober 2017 in hegtenis geneem. Die staat beoog om sowat 22 staatsgetuies te roep. X. Bodlo verskyn vir die verdediging. Adv. Marius Stander kla aan.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.