Toekoms brighter ná upgrade | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

R40 MILJOEN later kan die inwoners van New Brighton hulle splinternuwe teerpad en parkie benut.Die Mandelabaai-ontwikkelingsagentskap (MBOA) het die voltooiing van die opgradering in die Singaphistraat-area verlede week gevier.“Die projek is die eerste groot ingryping deur die MBOA in die townships van die Nelson Mandelabaai sedert­ die agentskap begin fokus het op die vernuwing van die sentrale sakedistrik,” het Luvuyo Bangazi, MBOA-woordvoerder, gesê.Die gemeenskap het in Singa­phistraat bymekaar­gekom vir die viering.Giovanni Taft is die MBOA se ingenieursverteenwoordiger en koördineerder van kleinen medium besighede (SME’s).Hy het aan die gemeenskap gesê: “Die grondwerk wat in 2014 by Singaphi begin het, is ’n bewys van die MBOA se visie om ’n ikoniese wêreldklas-kusstad te skep wat die mense se diversiteit, kultuur, nalatenskap en omgewing wys.giovanni taft“Ek het baie geleer oor die bou van ’n ondersteunende gemeenskapstruktuur om die onregte van die verlede te oorkom.”DankbaarDie SME’s het ’n groot deel van die projek moontlik gemaak.Die MBOA het verseker dat 15 plaaslike SME-kontrakteurs baat vind by meer as R11 miljoen se kontrakte.Die stigter van Zinzile Trading, Mzukisi Dyani, het gesê: “Ons is dankbaar dat ons deel kon wees van so ’n bemoedigende, belangrike projek wat die standaard verhoog het. “Mense van die gemeenskap kan nou oefen en het ’n veilige plek om te leer en ontspanningsaktiwiteite aan te bied.”Die gemeenskap van New Brighton het hulle dankbaarheid uitgespreek teenoor die MBOA omdat dié geleent­hede skep vir groei.Die opgraderings by Singaphistraat sluit ’n teerpad van Fergusonweg tot en met Olaf Palmestraat in.Die ontspanningsgeriewe sluit openbare kunswerke, straat­meubels, speelparkies, ’n opvoedkundige fietsrypark en ’n oefenpark in.Daar sal ook geleenthede wees vir stalletjies om daar te kan handel dryf.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/toekoms-brighter-na-upgrade-20181209

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.