Tower-klag: bevindinge bekend | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE bevindings van die ondersoek na die dienste in die Psigiatriese Hospitaal Tower in Fort Beaufort is bekend.Dis dat geen prima facie-bewyse van geïnstitusionaliseerde, sistemiese of doelbewuste skending van pasiënte se menseregte gevind is nie.Prof. Malegapuru Makgoba, die ombudsman van gesondheid, sê daar was net een geval van menseregteskending, maar verder geen vernederende of onmenslike behandeling van pasiënte nie.Makgoba sê die klag wat hulle ondersoek het, was nie soseer oor menseregteskending nie. Dit was eerder oor die Oos-Kaapse departement van gesondheid se afskeping van geestesgesondheidsdienste in die provinsie.Makgoba sê in sy verslag die departement het lank nagelaat om geestesgesondheid te prioritiseer; nie die nodige leierskap gebied nie; spesialiste oneerbiedig behandel; psigiatrie­hospitale geen steun gebied nie; infrastruktuur nie onderhou nie en niks gedoen om personeeltekorte te verlig nie.Makgoba sê ook die departement is onbevoeg om planne vir die verbetering van geestes­gesondheidsdienste te implementeer.Hy stel voor ál die lede van die hospitaal se bestuurspan moet vervang word omdat hulle wanfunksioneel en in “dead-end power struggles” gewikkel is. Die nasionale departement moet ook ’n admini­strateur aanstel om beheer te neem van geestes­gesondheids­dienste in die provinsie. Van die administrateur se pligte sal wees om: Te verseker die provinsiale departement stel die foute reg wat in sy verslag uitgesonder is;’n Nuwe direktoraat vir geestesgesondheid en dwelm­misbruik te stig, soos aanbeveel deur die nasionale geestesgesondheids­beleidsraamwerk; en Beheer te neem van die implemen­tering van ’n nuwe beleid vir die lewering van geestes­gesondheidsdienste.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/tower-klag-bevindinge-bekend-20181217

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.