Trane loop toe huis afbrand

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

AS DIT nie vir ’n held was wat sy ouma en ’n neighbour uit die ver­terende vlamme gered het nie, sou hulle nou dood gewees het.Dinsdagmiddag het ’n brand uitgebreek toe Lyle Chetty besig was om kos te maak op die vuur by sy gesin se shack in Missionvale.Op ’n manier het die shack vlam gevat en binne skaars 20 minute was alles uitgebrand tot op die grond.PlatDie rook was sigbaar uit ander dele van die Baaise noordelike gebiede. Nou lê Fredeline Chetty se huisie plat in die vorm van as.“Die brand het rondom 16:30 uitgebreek. My seun, Lyle, was besig om te kook.“Toe sien ek rook uitkom by die onderkant van die shack langsaan. vlamme: Fredeline Chetty kyk toe terwyl haar woning in Missionvale afbrand.“Ewe skielik het my seun geskree: ‘Ma, dit brand!’ ” vertel ’n emosionele Frede­line.Lyle het toe die buurman, Mbulelwa Ndam, se shack se deur oopgeskop en hom wakker gemaak. As dit nie vir Lyle was nie, kon dinge dalk erger gewees het.Ndam en Fredeline het toe emmers water gaan haal, maar die vlamme was te erg. Dit het alles binne minute verswelg.Gelukkig het Fredeline onthou haar ma, Caroline Claassen, was nog in die shack. Sy’t vir Lyle gesê om haar na buite te neem.Lyle het, voordat die vlamme hulle shack ook vernietig het, sy ouma – wat sukkel om te loop – eers na veiligheid gebring. “Dis ’n aaklige gevoel toe ek sien alles het gebrand. Dit het gevoel asof ek nie in my liggaam is nie. verwoesting: Twee gesinne is dakloos nadat ’n sterk wind die vuur Dinsdag aangestook het. “My banke, beddens, klere, TV en ander appliances is alles verlore. Ons bankkaarte en ID’s het ook gebrand,” vertel Fredeline.Hulle het toe na die Care Centre in Trompweg gegaan vir hulp.Die Ebenezer International Church in Algoapark het hulle ook bygestaan.Die gesin van sewe slaap vir eers by Fredeline se ander dogter in Uitenhage. Hulle beplan om van voor af te begin en maar stuk vir stuk boumateriaal aan te koop en ’n nuwe shack te bou.Die Concerned Citizens of PE Metro het beloof om die familie te help deur klere vir die grootmense en kinders te skenk.“Ek wil net dankie sê vir die gemeenskap wat gehelp het om die vlamme te blus en ook vir my seun, want hy is ’n held,” voeg Fredeline by.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/trane-loop-toe-huis-afbrand-20181121

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.